Barnard Bruilof

30 Maart 2024


  • days

  • Hours

  • Minutes

  • Seconds
🥳 🎉 🎂

Inligting

DATUM:
Saterdag 30 Maart 2024

TYD:
15h00

Kinders:
Kinders baie welkom – RSVP vir U kind ook ASsEBLIEF

Kroeg:
Kontant kroeg beskikbaar

GESKENK WENK:
Ons nessie is klaar geveer, so ‘n geldjie sal ons hartlik waardeer!

Dress Code:
All Black

Our Love Story

Hulle sê soms “opposites attract”, met die twee was dit verseker die geval. Met baie min in gemeen & met stokperdjies wat soos dag en nag verskil het hulle steeds ware liefde gevind. 

Teen Augustus 2016 was Jenilee gereed om die liefdes pad saam met Andre te stap. Andre het verkies om die kat eers mooi uit die boom te kyk voor hy die avontuur saam met haar aanvaar. In 2017 het die liefde behoorlik geblom en van daar af was die tweetjies onafskeidbaar. In Oktober 2018 toe word hulle ‘n pragtige dogtertjie ryker wat hulle liefdesverhaal heeltemal voltooi het. 7 Jaar later in 2023 het Andre’ besluit die groot wag is verby en op 6 April 2023 het Andre op een knie af gegaan en Jenilee kon nie vining genoeg ja sê nie! Die paartjie het besluit die lang wag is verby en dat hulle graag die knoop wil deurhak binne 12 maande!  Hulle sien baie uit om die groot dag saam met elkeen te vier!

Wedding Party

Ontmoet die mense wat Andre & Jenilee gekies het om hulle by te staan met hulle groot dag:

 

Nadine
Deur dik en dun is Nadine net eenvoudig altyd daar. Om ‘n tweede sussie te kan hê en wat nog boonop saam met jou werk is defnitief ‘n GROOT bonus. Sy is die een wat klippe uit jou pad sal rol al is dit soms ter nadeel van haarself. Alyd daar vir ons, altyd bereidwillig & altyd ‘n groot plesier met haar in die omtrek.

 

Johann
Onafskeidbaar. Johan is by ver Andre se tweede boud. Die twee kom al van skooldae af saam & ‘n meer opregte vriend is daar nie. Altyd gereed om te luister en met gesamentlike stokperdjies kan hulle vir ure lank in mekaar se geselskap wees.

 

Marlene
Soos ‘n dief in die nag het Marlene in ons harte ingekruip, net ‘n boodskap van haar kikker ons dag op. Marlene is die persoon by wie ons kan afpak en net ontlaai en sy sal nooit oordeel nie, daar is altyd ‘n goeie woordjie of motivering in haar mou. Marlene is nou vir jou ‘n lekker mens!

 

Beyers
Hierdie twee boeties verskil soos dag en nag maar hulle is onafskeidbaar. Beyers is al vir 35 jaar ‘n groot boet vir Andre, al het hulle soos kat en hond baklei in die jonger dae is hulle steeds groot vriende. Andre het verseker ‘n groot rol model gekry & as die moeilikheid spat is daar Niemand anders wat hy langs sy sy wil hê as Beyers nie.

RSVP

RSVP asseblief voor 30 November 2023

Daar is genoeg verblyf beskikbaar op die venue vir gaste

Please enable JavaScript in your browser to complete this form.
Sien ons julle 30 Maart 2024
Scroll to Top